Mynbousektor help ekonomie groei

‘n Ekonoom sê die Namibiese ekonomie groei, veral in die mynbousektor. Die Namibiese Statistieke- Agentskap se jongste verslag dui aan dat die geraamde grootte van die land se ekonomie, soos gemeet aan die nominale bruto binnelandse produk vir die jaar 2022, 206,2 miljard Namibiese dollar is. Dit dui op groei van 22,3 miljard dollar vergeleke met die 183,9 miljard dollar wat in 2021 aangeteken is. As die uitwerking van prysveranderinge egter in ag geneem word, het die reële BBP van die binnelandse ekonomie sterk gegroei met 4,6 persent in 2022, wat die groei van 3,5 persent van 2021 oortref. Arney Tjaronda van High Economic Intelligence het met Kosmos 94.1 gepraat…