Rugby: Springbok-kaptein se dokumentêr gewild

Rugby: ʼn Dokumentêr oor die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, was die gunsteling op ʼn hoog-aangeskrewe fees vir storievertellers in New York. “Rise: The Siya Kolisi Story”, met die beroemde rolprentmaker, Tebogo Malope, as regisseur, is met die Gehoorprys: Dokumentêr beloon op die Tribeca-fees, ʼn geleentheid wat hulde bring aan stories vertel. Die dokumentêr gee ʼn kykie van Kolisi se reis sy nederige kinderdae in die Oos-Kaap tot waar hy as kaptein van Suid-Afrika se nasionale rugbyspan aangewys is en hulle in 2019 tot Wêreldbeker-glorie aangevoer het.