Rugby: Nóg ‘n terugslag vir Rose voor Wêreldbeker

Rugby: Nóg ‘n terugslag het Engeland getref in sy voorbereiding vir die Wêreldbeker-toernooi, met die nuus dat sy nommer agt, Billy Vunipola, die eerste groepswedstryd teen Argentinië gaan misloop. Dit volg op die kaptein, Owen Farrell, se skorsing van vier wedstryde weens vuilspel, wat beteken dat hy die wedstryd teen die Pumas sowel as die tweede een teen Japan sal misloop. Vunipola is vir drie weke geskors nadat hy ‘n rooikaart gekry het in die opwarmingswedstryd teen Ierland. Dit kan moontlik tot twee weke verkort word indien hy Wêreldrugby se sogenaamde “duikslagskool” bywoon.