Rugby: Munster trek Leeus se snorbaade

Rugby: Die Leeus het Vrydagaand hul derde agtereenvolgende nederlaag gely en is verder verneder deur die sterk span van Munster. Die Verenigde Rugby-kampioenskap-wedstryd het op ‘n sopnat Musgrove Park in Cork plaasgevind, met die eindtelling van 33-3 in die guns van die tuisspan. Munster het vyf drieë gedruk, waarvan vier verdoel is, met die Leeus se skamele drie punte wat van die skopskoen van Jordan Hendrikse gekom het.