Republikein Kevin McCarthy uiteindelik tot speaker verkies

Die Republikein Kevin McCarthy is uiteindelik vanoggend tot speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers verkies. Hy het uiteindelik in die 15de ronde met 216 stemme teen 212 gewen. Ses lede van sy eie party het hul stemme teruggehou omdat hulle nie vir McCarthy as leier ondersteun nie, maar hulle het ook nie vir ‘n ander mededinger gestem het nie. Hulle het nie volle vertroue in dié kongreslid van Kalifornië se  opregtheid oor konserwatisme nie, ondanks steun van oudpresident Donald Trump.