Rugby: Kolisi en Pollard op die herstelpad
Rugby: Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê kaptein Siya Kolisi en die losskakel Handrè Pollard is op die herstelpad, en kan dalk in die Wêreldbeker-opwarmwedstryde speel. Die stut Ox Nche is weens ‘n bors-besering vir nog vier weke op die kantlyn. Al drie is deel van ‘n uitgebreide groep Bok-spelers wat Woensdag in Pretoria bymekaargekom het om voor te berei vir die Rugbykampioenskap-kragmeting teen Argentinië volgende naweek in Johannesburg. Nienaber sê Nche, Kolisi en Pollard werk hard om ‘n terugkeer te maak.