Rugby: Jong Blitsbok-groep in Hamilton

Rugby: Die Springbok Sewes moet nie net rekening hou met die tydverskil nie maar moet ook hierdie naweek ʼn groep nuwe spelers saamsnoer by die Nieu-Seeland Sewes in Hamilton. Afgesien van enkele spelers wat beseer is, moet Suid-Afrika klaarkom sonder ander wat uitgetree het, soos Branco du Preez, asook JC Pretorius, Muller du Plessis en Sako Makata wat by die 15-spelerkode aangesluit het. Impi Visser is een van net vyf spelers met ondervinding in meer as tien toernooie vir die Blitsbokke.