Namibiese sakeman sê oor werkskepping

Werkloosheid in Namibië is uiters hoog, tesame met die inflasiekoerse en lewenskoste wat die hoogste inskiet. President Hage Geingob het tydens sy staatsrede gesê die regering beplan om byna 3 000 nuwe werksgeleenthede in die Namibiese polisie, gevangenisdienste en weermag te skep om werkloosheid onder die jeug aan te spreek. Bekende Namibiese sakeman, dr. Leake Hangala het met Kosmos 94.1 gepraat oor werkskepping.