Rugby: Haaie loop voor in Curriebeker

Rugby: Die Leeus het gistermiddag vier drieë gedruk teen Westelike Provinsie se twee vir ‘n 32-12 bonuspunt-oorwinning in ‘n Curriebeker-wedstryd in die Athlone-stadion in Kaapstad. Die skrumskakel Sanele Nohamba het 14 punte met skoppe bygedra. Die Leeus was rustyd 17-12 voor. Vroeër gister het die Haaie die voortou geneem op die Curriebeker-punteleer met ‘n bonuspunt-oorwinning oor die Griffons. Die Haaie, wat met rustyd nog agter was, het uiteindelik die Griffons met 35-9 geklop. Ná rustyd het die Haaie vinnig twee drieë gedruk en na 45 minute was hulle 21-9 voor.