Saara: Blink toekoms lê voor vir Namibië

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê dit het meer noodsaaklik geword om hoë presterende organisasies as vennote te hê, aangesien Namibië op die punt staan van ‘n olie- en groenwaterstofgas-oplewing. Sy sê Namibië is goed geposisioneer om die ‘hulpbronvloek’ wat ander nasies getref het, te vermy. Onderwys, tegnologie, infrastruktuur, gesondheidsorg en vervaardiging sal baat vind by die potensiële olie- en groenwaterstof-beleggings deur maatskappye soos Shell en Hyphen Hydrogyn Energy. Die regering het Vrydag die mylpaal-ooreenkoms met Hyphen onderteken. Die premier sê ‘n blink toekoms lê voor vir Namibië met die beheermaatreëls wat reeds in plek om is om te verseker dat alle Namibiërs sal baat.