Frankryk voer inentingsprogram teen voëlgriep uit

Frankryk het bevestig dat ‘n inentingsprogram teen voëlgriep van stapel gestuur word nadat ‘n reeks toetse op eende volgens die ministerie van landbou goeie resultate gelewer het. Die afgelope 18 maande het ‘n hoogs aansteeklike stam van voëlgriep verwoesting gesaai in die pluimveesektor wêreldwyd en sowat 200 miljoen stuks pluimvee is van kant gemaak. Frankryk is die land in die Europese Unie wat die ergste getref is. Sedert die begin van die maand het verskeie uitbrekings weer in die suidwestelike deel van die land voorgekom, veral onder eende. Die ministersie sê die sukses wat met die toetse behaal is, dui daarop dat die oordrag van die virus beheer kan word.