Rugby: Bokke stel spelers aan klubs vry 

Rugby: Die Springbokke het Joseph Dweba, Warrick Gelant, Elrigh Louw en Salmaan Moerat aan hul onderskeie klubs vrygestel om wedstrydoefening te kry. Die Springbokke kan vir ʼn maand ontspan voor hulle bymekaarkom om vir die jaareind-toer voor te berei. Die Bokke het ‘n vol toerprogram met toetse teen Ierland, Frankryk, Italië en Engeland op opeenvolgende naweke in November. Daar is ook wedstryde in die middel van die week teen Munster en die Bristol Bears.