DA veroordeel vernietiging van Covid-entstowwe

Die DA neem met ernstige kommer kennis van die regering se voorneme om dosisse Covid-entstof ter waarde van miljarde Suid-Afrikaanse rand te vernietig, wat met geleende geld aangekoop is. Die Wêreldbank het in Junie vanjaar ’n lening ter waarde van 7,9 miljard rand goedgekeur vir Suid-Afrika se Covid-noodreaksie-veldtog. ʼn Woodvoerder van die party, Haseena Ismail, sê die vernietiging van entstof-dosisse bewys baie duidelik die regering se versuim om die land se aantal inentings te vermeerder. Ismail doen ‘n beroep op die departement van gesondheid om te verseker daar is nie verdere vermorsing van belastingbetalers se geld as gevolg van die vernietiging van entstof-dosisse nie: