Rugby: Agterlyn geskommel vir Stormers in Glasgow

Rugby: Daar is ietwat geskommel aan die Stormers se agterlyn vir die wedstryd vandag in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Glasgow Warriors in Scotstoun. Omdat daar min tyd vooraf was om te oefen, het die hoofafrigter, John Dobson, so min as moontlik aan die span verander vir die kragmeting in die 12de ronde. Clayton Blommetjies is op heelagter in die beginspan ingesluit, met Damian Willemse langs Dan du Plessis in die middelveld en Suleiman Hartzenberg op vleuel. Skrumskakel Imad Khan sal sy Stormers-buiging op die bank maak.