Rubberkoeëls: Regulasies is nodig vir SA-polisie

Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika is bekommerd oor die gebrek aan behoorlike regulasies en beter beheer oor die gebruik van rubberkoeëls in openbare orde-wetstoepassing in die buurland. Dit volg nadat vier polisielede onlangs vrygespreek is aan verlede jaar se moord op Mthokozisi Ntumba. ‘n Onafhanklike navorser van die instituut, David Bruce, sê Ntumba se dood is deel van die polisie se geskiedenis van die roekelose en uitermatige gebruik van rubberkoeëls. Hy sê die koeëls is potensieel dodelik.