Nam se staatsamptenare dreig met staking na skole oopmaak

Namibiese staatsamptenare dreig om volgende maand te staak as die regering hulle eise op ‘n 10 persent verhoging verder weier. Dit is tans meer as vyf jaar sedert staatsamptenare ‘n verhoging ontvang het. Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van Tucna, die vakbondverbond van Namibië, sê vakbonde is besig om voor te berei vir moontlike massa-aksies. Volgens berigte sê hy die regering moet voorberei. Daar was blykbaar ‘n effense vertraging in die stemming as gevolg van wetlike tegniese aspekte omdat die kwessie veronderstel was om deur die Napwu- en Nantu-vekobonde gekoördineer te wees. Hy voeg by dat die staking te wagte kan wees kort na skole Maandag heropen. Onderhandelings het op ‘n dooiepunt uitgeloop maar die regering het ingestem om toelaes soos behuising en vervoer te verhoog, wat na raming ‘n bykomende 335 miljoen Namibiese dollar per jaar sal kos.