Ruacana verbeter in sy boekhouding – Kandjeke

Die boeke van die Ruacana dorpsraad in die Kunene-streek het aansienlik verbeter van ‘n ongunstige status in 2019 tot ‘n gekwalifiseerde ouditmening in 2021. Volgens die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, het die raad in die 2020-2021 finansiële jaar verbeter met minder onreëlmatighede en beter stawende dokumentasie. Maar hy sê daar is uitdagings in die menslikehulpbronafdeling se salarisstate en twee salarisstrukture is benut – een van die dorpsraad en een van die lynministerie. In die 2018-2019 boekjaar is ernstige onreëlmatighede opgetel en ‘n negatiewe mening het ontstaan met meer as 380 000 Namibiese dollar waarvoor geen dokumente voorgelê was nie en die openingsaldo van meer as 2 miljoen dollar wat nooit aangeteken is nie.