Limpopo-gesondheid onder die loep

Die DA in Limpopo het ‘n ondersoek van stapel gestuur na berigte dat die Departement van Gesondheid een miljoen-rand per dag betaal om lêers te skandeer en te digitaliseer. Risham Maharaj van die DA sê die departement het voorwaardelike aanspreeklikhede van meer as 14 miljard Suid-Afrikaanse rand wat voortspruit uit mediese-regssake teen hom. Maharaj voeg by 70 persent van die departement se begroting word vir die vergoeding van werknemers aangewend wat bitter min hulpbronne vir dienste laat oorbly: