RT se verbod in EU staan

Europa se tweede hoogste hof, die Grand Chamber of the General Court, het ‘n aansoek deur die Russiese nuuskanaal, RT in Frankryk, om die EU se verbod op sy uitsendings te lig, van die hand gewys. Die hof, wat in Luxembourg gesetel is, het melding gemaak van die oorlog in die Oekraïne en sê die verbod op sy uitsendings op die Europese vasteland is wettig.