Deense Uttrup vat derde skof bo Vos

Cecilie Uttrup Ludwig van Denemarke het stof geskop in die oë van die Nederlandse veteraan, Marianne Vos, in die derde skof van die Tour de France vir vroue. Die Suid-Afrikaner Ashleigh Moolman-Pasio het derde klaargemaak en opgeskuif na die vyfde algehele plek. Vos dra steeds die geel trui, maar Ludwig is in die wolke oor haar oorwinning: