Goeie aanbod van voedselprodukte in SA vir verbruikers ‘n buffer

Die hoofekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, sê die ruim aanbod van voedselprodukte bied Suid-Afrikaanse verbruikers ‘n buffer teen verdere voedselprysstygings. Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne het die prys van verbruikersgoedere skerp laat styg. Dit sluit koring in, wat ʼn stapelvoedsel in baie lande is. Sihlobo sê die huidige prysstygings sal nie onbepaald voortduur nie. Hy voeg by Suid-Afrika is steeds in staat om die helfte van sy primêre landbouproduksie uit te voer.