Khorixas ruk op teen polisiehardhandigheid

Sowat 100 inwoners van Khorixas het vandag ‘n vreedsame protesoptog teen polisiehardhandigheid gehou. Dit spruit uit ‘n voorval van beweerde polisiehardhandigheid wat op 12 April by die Khorixas-polisiekantoor plaasgevind het. ‘n Video is wyd op sosiale media gedeel van ‘n polisiebeampte wat ’n vrou en ’n gestremde man aanrand wat glo vir die oortreding van Covid-regulasies in hegtenis geneem is. Gemeenskapslede het ‘n petisie aan ‘n verteenwoordiger van die Khorixas-landdroshof oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met Adjunk-kommissaris Jaron Iita van die Kunenestreek gesels wat die optog bevestig het.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *