Rooilyn word uit verband uitgeruk, niks met politiek te doen nie

Die adjunk-veeartsenyhoof in die Namibiese direktoraat van veeartsenykunde, dr. Johannes Shoopala, sê die kwessie van die rooilyn word uit verband uitgeruk. Hy sê dit is nie ‘n politieke kordonheining nie, maar eerder ‘n saak van dieregesondheid. Hy sê Suid-Afrika veg ‘n verbete stryd teen bek-en-klouseer wat ten koste van miljarde Suid-Afrikaanse rand kom. Namibië is tans die enigste land in Suider-Afrika wat geen aktiewe gevalle van bek-en-klouseer het nie en owerhede werk baie hard om die siekte uit die land te hou. Die kordonheining maak internasionale markte moontlik vir die land se produsente en sou dit van die land ontneem word sal daar ‘n baie groot negatiewe impak op ekonomiese aktiwiteite wees.