Namibiese olie en die man op die straat – kenner sê oor voordele

‘n Namibiese ekonomiese kenner het sy reaksie gegee op Qatar se minister van energie, Saad bin Sherida Al Kaabi, wat belowe het dat Namibiërs grootliks voordeel uit die olie-ontdekkings sal trek. Al Kaabi het tydens ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis beklemtoon QatarEnergy belê in die oliebedryf deur hul vennote TotalEnergies, Shell, sowel as die regering, deur te verseker dat die ontwikkeling van die olie-bedryf tot voordeel van Namibiërs is. Al Kaabi sê die twee lande het goeie betrekkinge ontwikkel, daarom sal QatarEnergy sy ontwikkelingsplan aan die regering voorlê sodra die ekspedisie saam met die vennote voltooi is, om te verseker dat Namibiërs grootliks voordeel trek uit die olie-sektor. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus…