Boere moet georganiseerde sekerheidsnetwerk hê

Plaasaanvalle in Suid-Afrika bly in die nuus. AfriForum sê met die voortslepende toename in plaasaanvalle is dit noodsaaklik dat boere betrokke raak by hulle plaaslike veiligheidstrukture. Daar was tussen Januarie en September vanjaar reeds 257 plaasaanvalle waartydens 41 mense vermoor is. Jacques Broodryk van AfriForum sê in gebiede waar boere georganiseerd is wat kommunikasienetwerke, reaksiespanne en voorkomende optrede soos patrollies betref, is daar ‘n merkbare afname in misdaad: