Rooilyn: Job pas sy hofeis aan

Die omstrede rooilyn-hofsaak van die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda is weer in die nuus. Amupanda het aanpassings aan sy eis gemaak nadat van die respondente, wat die landbouminister, die Vleisraad en die prokureur-generaal Festus Mbandeka insluit, aangedui het hulle sal die hof vra om sekere van sy stellings nietig te verklaar. Hulle meen nie net dat hulle irrelevant is nie, maar ook dat sommiges teen die reëls van die hof is. Amupanda het dus in sy aangepaste eis gesê die rooilyn is opgerig om die boere in die suidelike helfte van die land te beskerm maar, die beskerming word nie aan die boere noord van die rooilyn gebied nie. In sy mening, diskrimineer die kordonheining dus teen dié boere. Hy voeg by dat die rooilyn die beweging van diere en swartmense beperk en is dus ongrondwetlik en ‘n oorblyfsel van die koloniale tyd. Die saak word weer op 25 Januarie op die hofrol verwag vir ‘n statusverhoor.