Djokovic: Regter sê regering was onredelik, Aussies skop vas

Regter Anthony Kelly het beslis dat die Australiese regering se besluit om Novak Djokovic se toegang tot die land te weier, onredelik was. Hy het ook beslis die wêreld nommer-een se paspoort en dokumente moet met sy vrylating uit die fasiliteit waar hy sedert Woensdag was, aan hom voorsien moet word.

Maar, die Australiese minister van binnelandse sake sal persoonlik die kwessie onder die loep neem en besluit of Djokovic in die land kan aanbly of nie. Djokovic se regslui sê sy mediese vrywaring is gegun omdat hy op 16 Desember positief vir Covid getoets het.