Rooilyn bly van kritiese belang

Terwyl daar reeds verskeie kere beroepe gedoen is om ontslae te raak van die sogenaamde rooilyn of die veterinêre kordonheining om boere in die noorde toegang tot kommersiële markte te gun, is die uitdagings teen die Angolese grens te groot en die grens te poreus. Dr Albertina Shilongo, die Direkteur van Veeartsenydienste by die Ministerie van Landbou het weereens die belangrikheid van die heining beklemtoon.