Rooikruis se hulp lok gemengde reaksie uit

Die droogtehulp van die Namibiese Rooikruis in die Kunene-streek lok gemengde reaksie uit. Die Rooikruis het die inisiatief in November verlede jaar van stapel gestuur en die program wat einde Februarie tot ‘n einde geloop het, het 1 204 begunstigdes bygestaan met ‘n maandelikse toelaag van 750 doller. Verskeie boorgate in die streek is ook gerehabiliteer. Van die begunstidges meen hulle moes eerder lewendehawe ontvang het omdat die ook ‘n beter belegging is en inkomste kan genereer. Ander meen weer hulle wil 1 000 doller ontvang terwyl ander lede van die gemeenskap gesê dat die program voortgesit moet word.