Sahpra kyk na bloedklont-kwessies

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, bekend as Sahpra, het gevra vir beter sifting en monitering van persone met ‘n hoë risiko vir bloedklont-versteurings. Dit volg nadat Suid-Afrika sy beoogde ontplooiing van die Johnson en Johnson Covid-19 entstof tydelik opgeskort het. Die Verenigde State het sy program vroeër onderbreek nadat ses mense volgens berigte bloedklonte ontwikkel het. Die Voorsitter van die Sahpra-raad, Professor Helen Rees, sê deelnemers aan die Sisonke-studie sal ingelig word oor die risiko om ná inenting moontlik bloedklonte te ontwikkel.