Rooies Mostert môre weer in hof

Walter ‘Rooies’ Mostert verskyn weer môre in die Windhoek-landdroshof. Dié voormalige landdros van Gobabis staar klagte van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing, regsverydeling en die oortreding van immigrasiewetgewing in die gesig. Hy is tydens sy eerste hofverskyning borgtog geweier en in aanhouding in die Windhoek Sentrale Korrektiewe Dienste.