Eerste menslike geval van voëlgriep in China

‘n Man in China se oostelike Jiangsu-provinsie is die eerste menslike geval wat met die H10N3-voëlgriep-stam besmet is. Dit is vandag deur China se nasionale gesondheidskommissie aangekondig. Internasionale media berig dat die 41-jarige inwoner van die stad Zhenjiang laat in April in die hospitaal opgeneem is nadat hy koors en ander simptome ontwikkel het. Hy is laat verlede maand met die H10N3-voëlgriepvirus gediagnoseer. Dit is nie bekend hoe hy die virus opgedoen het nie. Hy is volgens berigte in ‘n bestendige toestand en gereed om ontslaan te word.