Landbou-ekonoom reageer op Meatco se neutraliteit

Reaksie is ontvang oor Meatco wat homself distansieer van die kwessies oor die veterinêre kordonheining. Meatco se korporatiewe kommunikasiebeampte Undamuje Hambira het gesê hulle gaan nie betrokke raak in besprekings oor die saak nie. Dit volg ná die Windhoekse burgemeester dr. Job Amupanda in die hof eis dat die sogenaamde Rooilyn verwyder word. Landbou-kenners het weer op hul beurt gesê die Namibiese vleisbedryf sal ses miljard Namibiese dollar in uitvoere verloor as die Rooilyn verwyder word. Landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus sê daar is seker goeie redes waarom Meatco nie betrokke raak in die bekgeveg nie.

Verder sê Laubscher sê oor die bedanking van drie direksielede van Meatco, Johnnie Hamman, Clara Bohitile en Kai-Dieter Rumpf, dit is jammer as die voorsitter bedank. Sy leierskap is nou nodig in die moeilike omstandighede van die lewendehawe-bedryf.