Texas-dorpie verbied aborsie

‘n Dorp in Texas, Lubbock, word as ‘veilige stad’ vir ongebore kinders beskou met wetgewing wat oorweeg word om ‘n verbod op aborsies so vroeg soos ses weke in ‘n swangerskap te plaas. Lubbock met sy 260 000 inwoners is die 25ste ‘veiligste stad’ in die VSA wat die afgelope twee jaar aborsies verbied het en almal behalwe 2 is in Texas. Lubbock verbied alle aborsies behalwe as ‘n vrou se lewe in gevaar is. Aborsie is wettig in die deelstaat.