Gauteng-polisie laat inwoners in die steek

ActionSA het ‘n memorandum aan die kantoor van die Gautengse kommissaris van polisie, Elias Mawela, oorhandig. Die groep doen ‘n beroep op die polisie om op te hou om met inwoners te baklei en eerder misdaad te beveg. Na wat berig word floreer misdaad soos dwelmhandel, roof en voertuigkapings, en besetting van geboue in Johannesburg. ‘n Woordvoerder van ActionSA, Lerato Ngobeni, wys daarop dat die polisie die gemeenskap telkemale in die steek laat want hulle los nie die misdaadprobleem op nie: