Robbie Williams smous met sy Banksy-kunswerke

Britse sanger Robbie Williams gaan drie van sy Banksy-kunswerke verkoop. Die bekende skilderye, Kissing Coppers, Vandalized Oils en Girl with Balloon, sal vroeg in Maart by Sotheby’s in Londen onder die hamer gaan. Die straatkunstenaar het Girl with Balloon vir die eerste keer in 2002 onder die Waterloo-brug in die stad geskilder en Williams het later ‘n weergawe daarvan wat op metaal geskilder is gekoop. Internasionale media berig die prys begin op meer as 41 miljoen Namibiese dollar. Die kunswerke sal voor die veiling in verskeie wêreldstede tentoongestel word.