Ronaldo teken 700ste doel aan

Cristiano Ronaldo het van die plaasvervangersbank gekom om sy 700ste klub-doel aan te teken. Manchester United het ‘n agterstand uitgewis en Everton by Goodison Park uiteindelik met 2-1 verslaan. Die 37-jarige speler het Anthony Martial in die 29ste minuut vervang kon 15 minute later met sy 700ste klub-doel spog. Die Reds se ander doel is deur die Brasiliaan Antony bygedra wat die eerste United-speler geword het wat in sy eerste drie Premierliga-wedstryde ‘n doel kon aanteken. Manchester United se doelwagter, David De Gea, sê dit wat Ronaldo in sy loopbaan bereik het, is indrukwekkend: