Putin vergader vandag met sy veiligheidsraad

Rusland se president, Vladimir Putin, hou vandag ‘n vergadering met sy veiligheidsraad. Dit volg na Saterdag se ontploffing wat ‘n gedeelte van die brug wat die Krim-skiereiland met Moskou verbind, in puin gelê het. Volgens berigte is drie mense in die ontploffing dood. Rusland het die brug nodig om militêre toerusting, ammunisie en soldate na die suide van Oekraïne te vervoer. Putin het intussen die land se federale veiligheidsdiens opdrag gegee om toesig te hou oor die belangrike kruising na die besette skiereiland. Daar word bespiegel dat Putin moontlik die fokus van die oorlog kan verskuif na terreur toe na hy die Oekraïne van terreur beskuldig het.