Rusland doodstil oor verlenging van graan-verskepingsooreenkoms

Rusland se adjunkminister van Buitelandse Sake, Sergei Vershinin, sê daar is nog geen uitsluitsel oor die verlenging van ‘n ooreenkoms wat Oekraïne toelaat om graan via die Swart See uit te voer nie. Vershinin sê die ooreenkoms, wat oor ‘n week verstryk, moet nog bespreek word. Die minister sê die herstel van toegang tot die betaalstelsel vir die landbou-uitlener Rosselkhozbank is ‘n sleutelkwessie. Die stelsel is deur Westerse lande geblok as deel van sanksies ná Rusland se inval. Oekraïne beskuldig Moskou van hongerspeletjies met die wêreld.