Ronaldo in trane na Marokko-verrassing, Bulls wen op Loftus

Die Bulls het 42-36 op Loftus teenoor Frankryk se Lyon geseëvier in hul debuut in die Europese Kampioenskapsbeker. Die Bulls het die eerste helfte gedomineer met die halftyd telling op 28-12. Lyon het in die tweede helfte hard terugbaklei maar, dit was nie genoeg nie. In sokkernuus het Marokko Portugal geskok met ‘n 1-0 oorwinning en Christiano Ronaldo se drome van ‘n wêreldbeker finaal, verpletter. Ronaldo was in trane toe hy die veld verlaat. Engeland het 2-1 verloor teen Frankryk. Marokko speel dus volgende week teen Frankryk in die eerste semifinaal terwyl Argentinië teen Croasië uitdraf.