Ekonoom oor ‘voordele’ vir Namibië met Geingob se volgende reis

Op uitnodiging van die Amerikaanse President Joe Biden, sal Namibië by ander Afrika-state aansluit wat in Washington DC sal byeenkom vir die VSA-Afrika-leierskapsberaad. Die beraad vind vanaf 13 tot 15 Desember plaas. President Hage Geingob lei ‘n afvaardiging wat bestaan uit senior regeringsleiers en verteenwoordigers van die privaatsektor en die sakegemeenskap. Arney Tjaronda, aandele-ontleder van High Economic Intelligence, sê wat die beraad vir Namibië inhou.