Abbott se besluit is polities aangedrewe

Die Withuis het die goewerneur van Texas, Greg Abbott, gekritiseer oor sy besluit om sakeondernemings en ander besighede te verbied om Covid-19 inentings af te dwing. Sy optrede is teenstrydig met dié van groot ondernemings en President Joe Biden se administrasie, wat verlede maand aangekondig het hulle beplan om alle werkgewers met 100 of meer personeellede, volmag te gee oor inentings of toetsing. Die perssekretaris van die Withuis, Jen Psaki, sê Abbott se besluit is polities gedrewe en nie wetenskaplik nie: