Rolstolvrou bou opritte met Lego-blokkies

 ons eindig die bulletin af met ‘n kleurvolle storie … 

‘n Duitse vrou wat aan ‘n rolstoel gekluister is sedert sy 26 jaar gelede in ‘n motorongeluk beseer is, bou in haar tuisdorp Hanau opritte met kinders se Lego-blokkies. Rita Ebel het inwoners gevra om ou Lego-blokkies te skenk wat sy en haar man dan gebruik om opritte te bou waar dit nodig is. Sy het aan die Britse media gesê elke oprit is uniek en fokus op kinders om hulle kleurvolle toegang te gee tot plekke wat voorheen nie rolstoel-vriendelik was nie.