Rolspelers in drankbedryf vergader in Noorde en kus

Die Namibiese handelsministerie sit hul landwye vergaderings voort met rolspelers in die drankbedryf oor die administrasie van die drankwet. Die ministerie gaan nou die vergaderings in die noordelike en westelike streke aanbied, naamlik Oshikoto, Ohangwena, Omusati en Oshana en Erongo. Op 10 en 11 Oktober sal die handelsminister Lucia Iipumbu en haar affvaardiging in Oshakati in die Oshana-streek wees en daarna op 20 en 21 Oktober in Walvisbaai in die Erongo-streek. Die woordvoerder van die ministerie, Elijah Mukubonda, nooi alle belanghebbendes uit om die vergaderings by te woon.