Geestesgesondheid in die soeklig, Nam het groot uitdagings

Die Namibiese gesondheidsministerie het gereageer op die Verenigde Nasies se Internasionale Kindernoodfonds, Unicef, wat sê die Covid-pandemie het ‘n wêreldwye krisis vir geestesgesondheid geskep, wat gelei het tot ontwrigtings in geestesgesondheidsdienste en die gaping in behandeling word steeds groter. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Wêreld Geestesgesondheidsdag op 10 Oktober bied ‘n geleentheid vir alle belanghebbendes om bewusmaking te kweek en pogings te mobiliseer om geestesgesondheid te ondersteun. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe sê daar is ‘n groot tekort aan personeel in geestesgesondheidsdienste.