Kommoditeit van Augustus is medisinale en farmaseutiese produkte

Die Namibiese Statistieke-agentskap het ‘n ontleding vir die kommoditeit van Augustus 2022 gedoen en fokus op invoere en uitvoere van medisinale en farmaseutiese produkte. Vir Augustus, het Namibië medisinale en farmaseutiese produkte ter waarde van 5,9 miljoen Namibiese dollar wat meestal bestem was vir Suid-Afrika en Angola. Die invoerwaarde van hierdie kommoditeit staan op 102,5 miljoen dollar waarvan die meeste uit Suid-Afrika en België verkry is.