Roemenië meld Indiese variant aan

Roemenië het sy eerste geval van die Indiese variant van Covid bevestig. Gesondheidsowerhede sê die pasiënt 26 en het ongeveer ‘n maand gelede in die land aangekom. Daar is kommer omdat die land ook ‘n uitbreking van gevalle in ‘n groep konstruksie werkers monitor. Die groep is afkomstig van Indië. Die Indiese variant wek kommer omdat dit ‘n dubbelmutasie-variant is. Roemenië het net meer as ‘n miljoen gevalle van Covid met net minder as 28 000 sterfgevalle.