Kaapstad sê eers koebaai vir brandbestryders

Die Stad Kaapstad neem môre afskeid van 100 seisoenale brandbestryders. Die stad werf en lei al vir langer as ‘n dekade seisoenale spanne op weens die toename in plantegroei in die somer. Die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, het die brandbestryders bedank wat saam met die Brandweer en Reddingsdepartement van Desember tot einde April gehelp het om net meer as 6 500 plantegroei-brande en die onlangse brand by die Rhodes-gedenkteken te blus.