Rehoboth sal sandmyngebied afbaken

Sandmyne is reg oor die land ‘n uitdaging vir plaaslike owerhede en Rehoboth is nie ‘n uitsondering nie. Drie kinders het in Februarie verdrink in die gebied waar sand gemyn word op die dorp en gate vol water gereën het. Die Burgemeester, Rudi van Wyk het by die raadvergadering vanoggend gesê toegang tot die gebied moet beheer word.