Roemeense leeus pas goed aan by Four Paws

Die vyf Roemeense leeus in Four Paws Lionsrock Big Cat Sanctuary, pas goed aan in hul nuwe kamp van drie hektaar in Bethlehem in die Vrystaat. Die dieresorgorganisasie Four Paws het in September verlede jaar vir Roman, Vincent, Dolf, Ellie en Geena gered as deel van ‘n groep van sewe leeus wat uit onvanpaste en onveilige omstandighede in Suid-Roemenië gered is. Die woordvoerder van Four Paws, Elize Parker, sê dis merkwaardig hoe gou die leeus in Lionsrock aangepas het: